Olimpiese Winterspele 1984

XIVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1984

Gehou in Sarajevo, Joego-Slawië
Deelnemende lande 49
Deelnemende atlete 1 272 (998 mans, 274 vroue)[1]
Items 39 in 6 sporte
Openingseremonie 8 Februarie 1984
Sluitingseremonie 19 Februarie 1984
Amptelik geopen deur President Mika Špiljak
Atlete-eed Bojan Križaj (alpeski)
Beampte-eed Dragan Perović
Olimpiese vlam Sanda Dubravčić (kunsskaats)
Vorige Spele 1980: Lake Placid (VSA)
Volgende Spele 1988: Calgary (Kanada)

Die Olimpiese Winterspele 1984 (Serwo-Kroaties: XIV zimske olimpijske igre / XIV Зимске олимпијске игре; Macedonies: XIV Зимски олимписки игри), amptelik bekend as die XIVde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 19 Februarie 1984 in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied, nou die hoofstad van Bosnië en Herzegowina. Die ander kandidaatstede was Sapporo in Japan en Gotenburg in Swede.

Die Olimpiese kenteken in Sarajevo wat tydens die Bosniese oorlog beskadig is

Die Olimpiese Somerspele 1984 is in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1984 is tussen 14 en 20 Januarie in Innsbruck, Oostenryk, gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne